Local newsNews

Oud-Springbok val; sterf

Hy was vir drie weke in die hospitaal nadat hy gegly en geval het.

Die dagblad Beeld het op Donderdag 23 Januarie berig dat Fanie Kühn (78), voormalige Springbok-stut van die destydse Transvaal-rugbyspan, op 21 Januarie in Krugersdorp oorlede is.

Die berig vertel dat Kühn lank aan nierversaking gely het en dat hy vir drie weke in die hospitaal was nadat hy gegly en geval het.

Die volgende is oor sy loopbaan uitgelig:

Kühn het sy toetsdebuut op 13 Augustus 1960 teen die All Blacks in Bloemfontein gemaak en het in 19 toetse en 18 toerwedstryd vir die Bokke in die voorry gesak.

Kühn het op sy dag saam met Bok-legendes soos Chris Koch, Frik du Preez en Mannetjies Roux uitgedraf.

Daar was in 1965 groot ontevredenheid onder Springbok-ondersteuners toe die keurders besluit het om nie vir Kühn en Mof Myburgh vir die toer na Australië en Nieu-Seeland te kies nie.

Hy laat sy vrou Lulu en drie kinders, Eben, Francois en Sonja agter.

Back to top button