Local newsNewsNews

Man verongeluk tydens toetsrit met motorfiets

Volgens 'n ooggetuie het hy beheer van die motorfiets verloor nadat hy 'n motor verby gesteek het.

NELSPRUIT – ‘n Man wat al vyftien jaar deel van die motorfietsgemeenskap is, het Saterdag tydens ‘n toetsrit met ‘n motorfiets verongeluk.

Mnr. Tony Hagen (56) was omstreeks 12:00 met die R37 Sabiepad na Nelspruit onderweg toe hy beheer van die Harley Davidson-motorfiets verloor het.

Mnr. Johan de Beer was in die teenoorgestelde rigting op pad toe hy sien hoe Hagen ‘n motor verby steek. “Nadat hy die motor verby gevat het, het die motorfiets liggies begin ‘ruk’. Ons het eers vermoed dat hy vir die motor dankie sê, maar hy het al hoe meer buite beheer geraak en toe ons hulle van voor ontmoet, het hy die ongeluk gehad.

De Beer het nooddienste na die toneel ontbied. Netcare 911 se mnr. Bonganinkosi Chilone en mnr. Mandisi Mkhombo het Hagen ondersoek en op die toneel dood verklaar. “Ons kon ongelukkig niks meer vir hom gedoen het nie,” het die noodwerkers gesê.

Die handelaarshoof van Harley Davidson Big Five in Nelspruit, mnr. Moji Mogari was spoediglik op die toneel en het sy hartseer uitgespreek, “Ons is deel van ‘n gemeenskap van motorfietsryers. Dis vreeslik om te weet dat ons een van ons eies verloor het.”

‘n Groep motorfietsryers van Johannesburg het by die toneel stilgehou en ‘n groepsgebed vir die oorledene se familie gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button