Local newsNewsNews

Ontmoet Suid-Afrika se nommer een Valke-speurder

Kapt. Leroy Bruwer is 'n bobaasspeurder.

MBOMBELA – Kapt. Leroy Bruwer, ‘n Laevelder, is die Valke se beste speurder. Hy is as sodanig vereer tydens die Direktoraat van Hoëprioriteit Misdaadondersoeke se prestige- toekennings. Die toekenningsaand is in November by Emperor’s Palace gehou. Mpumalanga se Valke het uitstekend presteer deur vier gesogte toekennings op te raap.

Die afgelope jaar (tussen November 2015 en November 2016) was vir Bruwer vol hoogtepunte. Laevelder het in November 2015 berig hoe Wade Williams vir 30 jaar tronk toe gestuur is. Hy het die finansiële bestuurder van die luukse Londolozi Lodge in April verlede jaar ontvoer, probeer doodmaak en aangerand. Hy het Londolozi van meer as R10 miljoen beroof en die plek se argief aan die brand probeer steek.

Kapt. Bruwer tydens die toekenningsaand.
Kapt. Bruwer tydens die toekenningsaand.

Lees meer oor die absurde Williams saga

Bruwer het geen steen onaangeraak gelaat in sy soeke na geregtigheid nie. Behalwe vir sy kennis wat meer tradisionele misdade betref, het hy sy kennis van elektroniese misdade vir doeleindes van hierdie saak opgeskerp. Dit was nodig toe dit uitkom dat Williams van die internet gebruik gemaak het om van sy inligting wat met die misdade te doen het, te stoor.

Bruwer is landswyd geprys vir sy aandeel in die vonnis. Daarna het hy ‘n sleutelrol in die polisie se interne verhoor van voormalige konstabels Arnold Mashele, Morries Sehlabela en Dennis Mkhonto gespeel. Die polisiemanne word van renosterstropery ondersoek. Die drie is uit die polisie geskors na afloop van hul verhoor, wat deur Bruwer gelei is.

Hy ondersoek tans die saak teen twee polisiemanne en vier ander wat van renosterstropery in die Phakane Reservaat in Ngodwana aangekla word.

Lees meer hier.

Bruwer is ‘n nederige man. “Ek het net my werk gedoen tot die beste van my vermoë.

Die Kaptein deel 'n ligte oomblik met 'n wit leeutjie. Hy is baie lief vir diere en sien die beskerming van alle lewende dinge as sy mandaat. (Foto: Facebook.)
Die Kaptein deel ‘n ligte oomblik met ‘n wit leeutjie. Hy is baie lief vir diere en sien die beskerming van alle lewende dinge as sy mandaat. (Foto: Facebook.)

“Ons mandaat is om te dien en beskerm. Dit doen ons,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die eienaars – die wêreldbekende Varty-familie – en bestuur van Londolozi se samewerking en goeie gesindheid bygedra het tot die rekordvonnis.

Drie ander Valke van Mpumalanga is ook vereer. Kapt. Mapou Robert Mogoru is as die beste ondersoekbeampte van die eenheid se kommersiële tak aangewys. AO Ignus Lombard was tweede. Beide is in Middelburg werksaam. Die beste prioriteitsmisdaadsentrum analis vir 2015 was mnr. Jack Mmakola.

1

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button