Local newsNews

Ma en dogtertjie sterf in Schoemanskloof botsing

Die bakkie het 'n vragmotor van voor getref.

ELANDSHOEK – ‘n Ma en kleuter is vroegaand in ‘n kop-aan-kop botsing in die Schoemanskloof omgewing dood.

“Dit moes tussen 17:00 en 18:00 gebeur het. Ons is net na vyf ontbied,” het mnr. Jaco Grobler van Van Wettens insleepdiens gesê.

 

Die vrou en haar dogtertjie het voor in ‘n wit een ton, tweesitplek bakkie gesit toe hul ‘n vragmotor van voor getref het.

Die polisie ondervra tans die bestuurder van die vragmotor. Hoe die ongeluk gebeur het, is nog nie bekend nie.

Lees ook: Murder twist to cop’s ‘suicide’

Geen van die betrokkenes se identiteite is bekend gemaak nie.

Lees ook: Man saved after collapse in Virgin Active

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button