Local newsNews

Songs of Praise koor terug om te bekoor

Dit is weer tyd vir die gewilde Songs of Praise wat elke jaar tot groot genot van musiekliefhebbers aangebied word.

MBOMBELA- Op Sondag 6 Augustus sal die wonderlike klanke van orrel- en trompetmusiek saam met verskillende orkeste en kore die lug vul en mense inspireer om in ligte klassieke musiek en lofsange te deel.

Songs of Praise sorg altyd dat die musiek- en sangtalent van plaaslike kunstenaars en kore uitgebrei word deur internasionaal bekroonde musici en kore wat reeds bekendheid op talle terreine verwerf het.

Vanjaar is geen uitsondering nie.

Die bekende dirigent, Richard Cock en orrelis Tobias Kruger sal sorg dat die plaaslike Laudate-, Sempre Vino- en die Colla Voce Jeug-kore nuwe hoogtes bereik.

Die senior koor van Laerskool Nelspruit en die Laeveldse Gemeenskapsorkes sal vanjaar ook bydra tot die plaaslike aanbieding van die Songs of Praise-konserte wat dwarsdeur die land deur Cock gelei word.

Kaartjies vir die konsert is beskikbaar by die kantoor van die Hervormde Kerk-gemeente in Belladonnastraat, asook by Mopani Apteek en kos R80 vir volwassenes en R60 vir pensionarisse en kinders onder 12.

Dit word by die Hervormde Kerk aangebied en begin om 15:00.
Vir meer inligting en navrae skakel Madelief Mülder by 082-460-8252 of die kerkkantoor by 013-741-1456.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button