Local newsNews

Deskundiges gaan skooltjie restoureer

Groot moeite gaan gedoen word om die historiese grasdak-Voortrekkerskooltjie wat twee weke gelede afgebrand het, so getrou as moontlik te restoureer.

LYDENBURG – Die geboutjie, wat aan die NG Moeder- gemeente van Lydenburg behoort, was wel verseker. Sou die restourasiekoste egter die uitbetaling oorskry, sal daar met ‘n geldinsamelingsveldtog begin word, sê Hans Kelly, die ondervoorsitter van die kerkraad.

‘n Bewaringsargitek met kantore in Kaapstad en Mbombela, Joe de Villiers, is aangestel om advies te gee met die herbouing. Hy was reeds gister op die perseel. De Villiers het onlangs ook ‘n soortgelyke projek met pionierstrukture op Tulbach wat deur brand beskadig is, behartig.

Brandstigting word vermoed, maar niemand is nog aangekeer nie. Die skooltjie dateer uit 1851 en is na wete die oudste Westerse struktuur in sy oorspronklike toestand in die provinsie. Dit is in 1962 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.

Kelly is self goed ingelig oor die boumetodes uit die pionierstyd. Hy sê met latere restourasie en instandhouding is daar soms van die regte metode afgewyk en hierdie is ‘n geleentheid om dit reg te stel. By voltooiing behoort die ou Voortrekkerskooltjie boukundig ‘n werklike voorbeeld van sy tyd te wees. Sou dit nodig wees om weer rou-kleistene te maak, kan dit ook gedoen word, eerder as om die nodige messelwerk met moderne kleistene te vervang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button