Ná vele konsultasies is die voorstel goedgekeur en is daar besluit om die matriekdrag aan te pas. Die seuns sal in plaas van die swart langbroeke nou ‘n lang kakiebroek met velskoene dra.
Die meisies se swart rompies is nou groen, en die geel hempies is met wittes vervang. Die seuns én die meisies mag nou ook dasse dra.
“So ver as wat daar teruggeblaai word in NHS se argiewe is die seniordrag net twee keer verander,” het die skool se skakelbeampte, Janine Cronje, gesê.
LEES OOK: NHS spog met 100% slaagsyfer