‘n Glimlag op sy bakkies word nie sommer gewaar nie, maar hy het verseker ‘n hart van goud.
Hy is die breier van die spog-rugbyspan, die Steval Pumas. Sy naam is Jimmy Stonehouse en vir die van julle wat nie geweet het nie, dié man kan sing.
Sy liefde vir musiek is geen geheim nie en met ‘n mikrofoon in die hand, klim hy graag op die verhoog.
Hy tree Woensdagaand op waar die gemeenskap hom vir die eerste keer in lewende lywe kan hoor.
Hy is genooi om by die nuwe kuierplek in Nelspruit, die Bos Pub op te tree.
Kom kuier saam met die Steval Pumas om hulle afrigter se eerste optrede te vier in 8 Besterstraat om 19:00.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.