Local newsNews

Fondsinsamelingskonsert vir dapper Charlene’tjie

Daar vind Vrydag 'n fondsinsameling plaas om dié dapper dogtertjie te help.

NELSPRUIT – Klein Charlene Els is 19 maande oud en het tydens haar geboorte breinskade opgedoen.Haar mediese onkostes is hoog en daar word hierdie naweek ‘n lekker opskop gehou om fondse vir haar in te samel.

Charlene was by haar geboorte vir 90 minute sonder suurstof en het só skade opgedoen.

Sodra haar spiertjies in haar lyfie ‘n funksie moet verrig, trek alles in ‘n spasma saam. Sy moet drie keer ‘n week die fisio-, spraak- en arbeidsterapie kry.

Daar vind Vrydag ‘n fondsinsameling plaas om dié dapper dogtertjie te help. Die bekende sangeres, Juanita du Plessis se broer, Pieter Naudé is die gaskunstenaar.

Hy is in 2006 nadat hy vir ‘n spinnekopbyt behandel is tydens ‘n vertoning in die Namibiese dorpie, Ariamsvlei, met kanker gediagnoseer.

Tydens ‘n skandering is die eerste gewas opgemerk en hy is geopereer. Later is nóg ‘n gewas is gevind, maar hy nou in remissie ná bestraling.

Pieter is ál 24 jaar in die musiekbedryf en wil graag geld insamel om vir Charlene se breinskandering te betaal.

Kom skoffel lekker saam Vrydagaand om 18:30 by die landboukollege. Kaartjies beloop R100pp, hoërskoolleerlinge betaal R50 en laerskoolkinders kan dit gratis bywoon. Bring eie drank en eetgoed. Pap en sous sal voorsien word. Navrae: Karen by 082-511-1626.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button