Local newsNews

Die Stinkbesie Komitee beplan interessante projekte

Die Stinkbesie Komitee vertel watter oplossings hul ondersoek om die stinkbesie- en blaaspootjieprobleem in die avokado- en makadamiabedrywe te probeer hok slaan.

Die Stinkbesie Komitee, ‘n gekombineerde inisiatief van SAAGA en SAMAC gaan van krag tot krag. Die projekte se hoofdoel is om die stinkbesieprobleem, maar ook blaaspootjieprobleem in die avokado- en makadamiabedrywe te probeer hok slaan. Die mandaat van die Stinkbesie Komitee is om kort-, medium- en langtermyn oplossings vir hierdie probleme te ondersoek, wat hierdie spesifieke bedrywe gesamentlik jaarliks ‘n beraamde R60 miljoen skade berokken.

Die huidige projekte waarmee die komitee besig is, is as volg:

· Die ontwikkeling van gepaste feromone vir die beheer van kokosneut (avokado)- en tweekolbesie (makadamia). Dr Tracy Lesky het dit mooi gestel: “wat die stinkbesie komitee doen om die regte feromoon te kry, is presies wat hulle in Amerika gedoen het, maar net met baie meer mense kapasiteit en baie meer geld”,

· Die identifisering an monitoring van gepaste vanggewasse (“trap crops”) vir die beheer en bestuur van stinkbesies (avokado en makadamia),

· Die ontwikkeling van ‘n daggrade model (“degree days”) om te help met die voorspelling en beheer van stinkbesies (avokado en makadamia),

· Fasilitering en opdatering van die verkenners-handleidings (scout manuals) en opleiding. Die Makadamia Scout Manual is huidiglik beskikbaar,

· Registrasie en toets van nuwe, omgewingsvriendelike chemikalië,

· Die gebruik van vlermuise en ontwikkeling van vlermuishuisies vir die beheer van stinkbesies in makadamia,

· Monitering en die oorsig van skade wat deur stinkbesies in avokados aangerig word,

· Die gebruik van twee “puls foggers” vir die monitoring van stinkbesies in avokado en makadamia,

· Blaaspootjieprojek vir makadamia,

· Web-gebaseerde moniteringstelsel – die stinkbesie-webblad is amper gefinaliseer,

· Samewerking met ander bedrywe-die Suid Afrikaanse Pekanneut Assosiasie het deel geraak van die Stinkbesie Kommittee, omrede gesamentlike probleme geidentifiseer is. Dit kan kapasiteit asook befondsing verbeter,

· ‘n gesamentlike navorsingsvoorstel is verlede jaar ingedien deur SUBTROP/Universiteit van Pretoria/ARC-ITSC, vir internasionale befondsing van die stinkbesie komitee se “insect tracking” projek.

Back to top button