Local newsNews

Kaleidoskoop stel nuwe musiekvideo vry

"Wegbreek" is einde 2016 bekendgestel. Dit is die eerste enkelsnitvrystelling vanaf hulle nuwe album, Gunsteling Seisoen, wat in hierdie maand uitgereik word. Hierdie album is ’n viering van die groep se suksesvolle dekade in die musiekbedryf.

Die musiekvideo van die Huisgenoot Tempo-bekroonde sangpaar, Kaleidoskoop, se enkelsnit, “Wegbreek” is bekendgestel. Dit neem die kyker op ’n prettige agter-die-skermsavontuur, wat nie net ’n fees is vir die oog is nie, maar ook vir die oor. Die groep bestaan uit Jouba (stigterslid) en Anique Jordaan.

Kyk die video hier:

“Die titel van die liedjie spreek vanself. Dit gaan oor die neiging wat almal het om nou en dan weg te breek uit die stad of dorp om uit te span by die see of met ’n grondpad êrens perspektief, eenvoud en ook vrede te gaan vind,” vertel die duo.
“Dit is die perfekte liedjie om in die kar te luister wanneer jy die langpad vat.”
Die musiekvideo, wat deur Paul Hugo van Bravo & Thatcher vervaardig is, is deur die loop van 2016 verfilm.
Jouba en Anique moes die meeste van die beeldmateriaal self opneem in die tyd waarin hulle aan die nuwe album geskryf het.
“Ons het gevoel die kykers wil dalk meer weet van hoe die skryf- en opneemproses van ’n album lyk. Die grootste gedeelte van die video gaan oor hoe ons wegbreek om te gaan skryf, asook wat ons inspireer,” vertel Anique.
Volgens die groep, was die verfilmingsproses ’n avontuur op sy eie.
“Jouba het amper van sy perd af geval toe sy saal losgekom het in Moolmanshoek, ons moes in die winter maak asof ons koue plaasdamme en bergriviere geniet en een van die houtpanele by die studio-opname het amper op ons koppe geval, maar dit was baie pret,” het hulle verklap.
Alhoewel daar baie uitdagings en flaters agter die skerms was, is die eindresultaat perfek, en sal die video luisteraars weer van vooraf laat verlief raak op die groep se besonderse talent.
Foto’s en persverklaring verskaf deur Starburst Promotions.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button