Stad se fotograwe word ernstig gewaarsku
Minstens twee fotograwe is na bewering sedert Februarie deur 'n lugtyddief gekul.

Me. Simone Oosthuizen is op 18 Februarie deur ene “Herman” gekontak. “Hy vertel my toe dat sy dogter trou en dat hulle fotograaf op die nippertjie weens ‘n begrafnis gekanselleer het. Hy het opreg geklink, ek het hom jammer gekry en ingestem om hom te help.”

Na die oproep het Oosthuizen haar toerusting geneem en bykomende toerusting gehuur. “Hy het weer gebel en laat weet dat die troue op sy plaas op die Badplaaspad is. Hy het verduidelik waar sy plot was en gesê dat hy ‘n drywer sou stuur om haar op te laai. Volgens Oosthuizen het hy haar genooi om tydens die onthaal saam te eet en gesê dat hy haar R1 000 ekstra vir haar moeite en omdat dit so ver is, sou betaal.
Toe Oosthuizen naby was, het Herman weer geskakel. Hy het na bewering gevra of sy twee strokies Vodacom-lugtyd van R275 elk en twee liter melk by die vulstasie kan koop.
“Dit was ‘n snaakse versoek, maar ek het nie veel daarvan gedink nie. Hy het net moedeloos geklink en sou die guns baie waardeer. Hy het twee of drie keer gesê ek moet net die kontantstrokies hou, dan maak hy dadelik met my reg as ek daar aankom.”
Toe sy naby die plaas was, het sy hom laat weet. “Goed, sê hy, kan ek vir hom die voucher-nommers gou deurgee want hy’s so bang sy lugtyd is klaar en sodra hy dit gelaai het sal hy my terugbel.”

Sy het die nommers vir hom gegee, hy het haar verseker hy sal met haar regmaak en sy het voortgegaan met haar roete na die plaas.

“Ek is terug huis toe met R589 minder in my sak en moes ‘n ongemaklike oproep maak na die plek by wie ek toerusting gehuur het.” Oosthuizen het ‘n saak van bedrog by die polisie geopen.
Me. Anne Visser, ‘n ander fotograaf, is op dieselfde manier gevang, maar het twee R110 lugtydstrokies gekoop. Sy het by die adres wat “Herman” verskaf het, aangekom en niemand was daar nie. Sy het besef sy is bedrieg en het haar werkgewer geskakel.
“Sy het die polisie geskakel maar nie ‘n saak aanhangig gemaak nie. Die selfoonnommer wat hy gebruik het, was nie geregistreer nie en opspoorders kon nie sy woongebied bepaal nie. Sy het ook waarskuwings op Facebook geplaas. Die lugtyd en brandstof is deur my werkgewer aan my terugbetaal.”

Lees ook: Easy ways to save water in and around your home
Sien ook: SPCA Gallery: Week 3 of March
Lees ook: Buying a home is not just about pretty pictures
