Local newsNews

Pienk vir Mienke

Die hele Mbombela is pienk in ondersteuning vir Mienke wat vandag vir toetse gaan.

MBOMBELA – Mienk se pa, Ryno Mulder, het op Facebook, die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning in dié moeilike tyd.

Dag 13 – Dag van MRI
#MiracleMienke #wearpinkforMienke #bruinoogpoppie

Die oomblik toe ons ons oë oppgemaak het, het ons geweet: Vandag is die dag! ‘n Facebook kennisgewing het vir ons gewys dat die son helder geskyn het en die wolke op die horison was pienk.

Op pad hospitaal toe het ons opgemerk dat byna almal in pienk geklee was – selfs ‘n klein worshondjie was in pienk getooi! Ons harte is vol dankbaarheid, woorde om dit te skryf ontbreek.

Die MRI is gedoen en die resultate moet nog bekendgemaak word. Dit kan tot drie dae neem. Mienke is in ‘n stabiele toestand. As sy kon sien hoeveel ondersteuning sy kry, sou sy net so in vervoering en dankbaar gewees het soos wat ons is.

Ons kan julle net bedank. Dankie dat almal saam met ons positief bly. Dankie vir al die gebede. Een van die dae sal #miracleMienke ‘n lewende bewys wees daarvan dat ons ‘n liewe en magtige God dien!

Ryno & Verna.

Laevelder het vroeër berig.

 

MBOMBELA – Mienke, ‘n sewe-maande oue dogtertjie van die stad, het 12 dae gelede op haar bottel verstik toe sy nog onder die sorg van haar dagmoeder was.

Sy was hospitaal toe gejaag nadat sy ophou asemhaal het.

Volgens ‘n Facebook pos wat haar pa, Ryno Mulder, gister geplaas het, gaan dit baie beter met Mienke gegaan. Sy het gister ook haar eerste sessie met die ‘n spraakterapeut gehad wat haar van voor af moet leer om te suig en sluk.

Mienke gaan vandag om 10:00 vir ‘n Magnetiese resonansbeelding (MRI) wat sal bevestig of daar enige permanente skade op haar brein is.

Jy kan ook jou ondersteuning toon deur die Facebook groep Please Pray for Mienke aan te sluit.

Ondersteuning en goeie wense stroom van die hele land af in vir klein Mienke en die Mulder gesin:

Verna Rheeders Mulder: “Mamma, pappa, Né en zammie is vandag in pink NET VIR JOU!!!! My gebedjie vir jou is dat ons Liewe Vader jou styf sal vashou”
Pg Glass Nelspruit praying for Mienke
Natashja Brighton
Hannie Smithers‎: “Dankie Jesus dat ons die dapper Poppie kan ken en vir haar bid…”
Luzanne Jooste‎: “Pienk vir Mienke pop… Ons bid vir jul vandag.. Maar weet God is in beheer… Xxx”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button