Borg kilos vir Comrades om Kaylee te help
Fanie Bekker (39) wat vanjaar sy sewende Comrades Marathon hardloop, doen dit Sondag ten bate van Kaylee Orton.
MBOMBELA – Dié tweejarige dogtertjie se ma, Johanica, is verlede jaar op 28 Oktober dood nadat sy deur ‘n motor raakgery is terwyl sy op die Bateleur-pad gedraf het.
SIEN OOK: Tears of forgiveness flow in police holding cells
Johanica was saam met Bekker ‘n lid van Nedbank LVCC Marathonklub en het voorheen gereeld saam met haar man, André geoefen.
Haar dood was besonder ontstellend vir die hardloopgemeenskap.
Bekker het die hele gemeenskap en plaaslike ondernemings uitgenooi om hande te vat om geld in te samel vir Kaylee se versoring.
Dit sal aangewend word deur ‘n bedrag te skenk vir elke kilometer wat hy aflê, al is dit R1 per kilometer vir privaatpersone en R10 per kilometer vir besighede.
Bydraes kan gemaak word aan:
Combrink Greyling Prokureurs
FNB-lopende rekening 622 5563 9662
Nelspruit-tak
Verwysing: Kaylee Orton
Navrae: Bekker by 083-226-1804.
LEES MEER: Husband hopes Johanica’s killer found redemption