Local newsNews

OPVOLG: Adam Willemse uit intensief ontslaan

Hy was 'n bondel vreugde en sy gesig het gestraal toe sy kinders vir die eerste keer sedert die ongeluk kon sien.

MBOMBELA – Adam Willemse, die pa van drie wat onlangs ernstig beseer is in ‘n motorfietsongeluk in die Longtompas, is Dinsdag uit die intensiewesorgeenheid ontslaan.

Adam Willemse wakes up six days after motorcycle accident 

Verlede week kon hy glad nie praat nie en moes met behulp van ‘n ventilator asemhaal. Teen Saterdag het hy egter self begin asemhaal en teen Sondag het sy sig in sy linkeroog begin terugkom. Wonder bo wonder was hy Maandagoggend nog ‘n stappie nader aan herstel toe sy spraak gedeeltelik begin terugkom en hy selfs begin eet.
Woensdagaand in hoësorg, was hy ‘n bondel vreugde en het sy gesig gestraal omdat hy sy kinders vir die eerste keer sedert die ongeluk kon sien.  Volgens die ondersteunings-groep wat vir Willemse gestig is, begin sy spraak stuk-stuk terugkom en fisies word hy by die dag sterker.
Nuus oor sy regteroog wat tydens die ongeluk beseer is, was teen druktyd nog nie bekend nie.

Family and friends praying for full recovery of local motorcyclist 
Willemse het verlede Sondag ernstige beserings aan sy gesig en kop opgedoen toe hy op pad huis toe vermoedelik beheer oor sy motorfiets verloor en geval het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button