Local newsNews

Sorg dat jy op die korrekte manier vir jou diere sorg

Hier is 'n paar wenke oor hoe om na jou troeteldiere om te sien.

Ludi Botha, visie-voorsitter van die Nelspruit DBV het al baie gesien hoe mense hul troeteldiere verwaarloos.

Juis daarom wil hy graag die volgende wenke met eienaars deel om soortgelyke insidente te voorkom.

LEES OOK: GALLERY: SPCA overwhelmed by donations

Hier is ‘n paar wenke wat Botha gegee het om te verseker dat die DBV nie nodig het om jou dier te kom haal nie:

• Jou troeteldier moet altyd vars water hê wat in die koelte moet staan.

• Sorg dat jou viervoetige se kos voldoende is. Indien jy nie weet hoeveel of watter kos hulle benodig nie, gaan raadpleeg ‘n veearts.

• Die diere moet ‘n skuiling hê deur die dag en deur die nag. ‘n Hondehuisie wat in die son staan is nie ‘n skuiling nie.

• Jou troeteldiere moet ‘n speelarea hê sodat hulle oefening kan kry. ‘n Sement binnehof is nie voldoende nie.

• Moenie hulle vasketting nie – dit is ‘n kriminele oortreding.

LEES OOK: Donate to the SPCA today

Indien jy graag ‘n dier by die DBV wil aanneem of enige skenking wil maak, skakel hulle gerus by 0137533582.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button