Local newsNews

Vlooimark in Marloth Park duur amper twee weke lank

Die maandelikse vlooimark by die Henk van Rooyen Park het 'n onverwagte wending geneem toe die stalletjiehouers die geleentheid gekry het om vir meer as 'n week lank hul tuisgemaakte kuns en kos te verkoop.

Die reën op Saterdag 26 Maart het die verkopers uitgedaag om in die nat weer te bly staan, maar geen besoeker en verkoper het ingegee nie.

“Daar was 17 stalletjies wat op Saterdag 26 Maart die reën aangedurf het. Al die stalletjiehouers het vasgebyt, en op die ou end was dit toe ‘n wonderlike dag en die verkope was puik.

Loveness Dube met haar tuisgemaakte kuns. Foto’s: Verskaf

Henk van Rooyen het ook die verkopers laat weet dat hulle die res van die vakansie gratis kon staan en hulle ware verkoop,” het die organiseerder van die maandelikse vlooimark, Vanessa Schoeman, gesê.

LEES OOK: Kaapsehoop in rep en roer oor Mathys Roets se eersdaagse optrede

Sindie Nelson.

Volgens Schoeman het die aantal stalletjies mettertyd verdubbel soos meer mense vir die eerste keer hul ware kom verkoop het. “Die stalletjiehouers was in hul noppies om die hele vakansie verniet daar te kon staan. Dit was om hulle te wys ons vlooimark waardeer hulle en gee om vir hulle,” het Schoeman gesê.

Colleen Human se prentjiemooie kuns.
William Ashton wat sy fotografie uitbeeld.
Helen Archibald met haar teddiebere.

LEES OOK: Boer ly onder veestropers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button