Laerskool Malelane O/11 Krieketspan Mpumalanga Kampioene vir klein skole
Beide die o/11- en eerste krieketspanne van Laerskool Malelane het in die Mpumalangafinaal vir klein skole gespeel.
Beide die o/11- en eerste krieketspanne van Laerskool Malelane het in die Mpumalangafinaal vir klein skole gespeel.
Die o/11-span het teen Laerskool Skukuza kragte gemeet. Skukuza het eerste gekolf en Malelane is vir 55 lopies terug pawiljoen toe gestuur.
Keagan Jansen van Vuuren het vier paaltjies vir slegs 11 lopies geneem. Malelane het die opponente se telling verbygesteek sonder om ‘n paaltjie te verloor, met Michael Erasmus 33, nie uit nie en Hamzha Patel 12, nie uit nie. Laerskool Malelane het dus die wedstryd met 10 paaltjies.
Malelane se eerstes het dan ook teen Komati Akademie in die finaal te staan gekom.
Komati het eerste gekolfe en is almal vir 79 lopies uitgehaal. Riyaad Guman het vier paaltjies vir 16 lopies geneem terwyl Rohan de Meyer vier paaltjies vir nege laat kantel het en in die proses sommer ook ‘n driekuns behaal het!
Laerskool Malelane is vir 64 lopies uitgehaal en het dus met 15 lopies verloor wat hulle Mpumalanga se naaswenners vir klein skole vir 2014 maak. Laerskool Malelane is trots op beide spanne se uitstekende prestasies en sien uit na die volgende seisoen.
