News

Diewe steel sleepwa om wiele te steel!

Die wieldiewe raak nou so oorlams, dat hulle eers ’n sleepwa gesteel het en kort daarna vier wiele van ’n bakkie af gesteel het in Mineralia (Middelburg).

Www.mobserver.co.za het die afgelope paar maande al etlike berigte gedoen oor voertuigwiele, veral 17 en 18 duim wiele van bakkies, wat gesteel word. Daarna word die voertuie op die huiseienaars se eie plaveiselstene, wat opmekaar gepak word, laat staan.

Maandag in die vroeë oggendure is mnr. Danie Boshoff se swart oop sleepwa uit sy erf in Erembeestraat gesteel.

“Ek vermoed hulle het my sleepwa eers gesteel en is daarna na die ander huis in Blackmorestraat om die wiele te steel.”

Sondagaand omstreeks 22:00 was die honde al onrustig en het hy opgemerk dat hy die stoor se deur oop vergeet het. Hy het die deur gaan sluit en om die huis gestap, omdat die lig, wat op beweging werk, ook aangegaan het. Mnr. Boshoff glo dit is toe dat die booswigte al die voorste hekslot gebreek het.

Om middernag het hy gaan slaap en is om 00:55 deur ’n oproep van sy seun (wat in die woonstel bly) gewek. Hy het hom gevra hoekom die palissadehek oopstaan. Hy het wakker geword van ’n kombi-deur wat toeslaan en ’n voertuig wat wegtrek en by die venster uitgekyk.

Beide die mans het die hek met hul afstandbeheerders probeer toemaak, maar besef daar is fout en uitgegaan.

Die Toyota Rider wat se vier wiele in Blackmorestraat (Mineralia) gesteel is.

Buite het hulle gevind dat die hekmotor gebreek is en dat die hek oopgeskuif is. Die hekslot het sommer aan die buitekant van die erf gelê. “Hulle moes oor die palissadeheining geklim het in die erf in, om by die hekmotor uit te kom.”

Met die terugstap huis toe, het hulle eers gesien dat die sleepwa gesteel is.

Mnr. Boshoff het ’n WhatsApp op die Sektor 3 Noodgroep Radiogroep gelaat dat sy sleepwa gesteel is.

Lees ook: Rowers en diewe soek wiele

• Omtrent dieselfde tyd is me. Tanja Steenkamp in Blackmorestraat gewek deur ’n geluid wat haar boerboel, Bullet, maak.

“Hy het dieselfde geluid gemaak toe hulle hom en die mense oorkant die straat se honde vergiftig het, so asof hy hulp soek, ek ek het dadelik opgespring.”

Hulle is uit om die hond te help, toe hulle opmerk dat hul Toyota Rider se vier wiele gesteel en die bakkie op hul eie plaveiselstene staan.

Alhoewel die nag videomateriaal nie baie goed is nie, kon hulle wel uitmaak dat die boewe gepla is deur ’n verbygaande voertuig, wat teruggestoot het in die pad. Die boewe het agter hul Fortuner geskuil en toe weer aangegaan met die diefstal.

Uit die videomateriaal lyk dit of drie of vier persone deel van die diefstal was.

Die wielstelers was op hul perseel tussen omtrent 00:30 en 01:30. Bykans dieselfde tyd toe die Boshoffs wakker geword het nadat die sleepwa gesteel is.

• Mnr. Boshoff het onlangs die sleepwa gekoop vir R23 000. Die registrasienommer is JSR199MP en hy vra as iemand die sleepwa sien, om hom te bel by 082 715 4936 of 082 715 5112.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button