News

Motoris ontsteld oor ‘blonde krulkoppie wat so dors was’

Die blonde krulkopdogtertjie langs die N4 hoofweg naby eMalahleni wat sukkel om net nog ’n druppeltjie water uit ’n bottel te kry, spook al vir dae by ’n vrou.

“Ek het lank gewroeg voor ek julle gebel het, maar nadat ek die berigte op www.mobserver.co.za van die blonde dogtertjie gesien het, het ek tog besluit om te bel,” het die vrou, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Die gesin was op 15 Januarie vanaf Dikololo, waar hulle met vakansie was, op pad terug Nelspruit toe, toe hulle omstreeks 13:00, op die hitte van die dag, die man met die twee kinders aan die hand, op die N4 sien loop.

“Dit was sowat ’n kilometer en ’n half vanaf die afrit na die Highveld Mall, net buite eMalahleni.”

In die sekondes wat hulle verby gery het, het sy opgemerk dat die dogtertjie, wat sy so tussen ses en sewe jaar oud skat, die botteltjie hoog oplig om te kyk of daar nie dalk nog ’n paar druppels water in is nie.

Lees ook: Blondekoppie spook by paramedikus

“Dit was bloedig warm dag! Ek het haar uit my hart uit jammer gekry. Saam met die lang man en dogtertjie, was daar ook ’n donkerkopseuntjie wat nie ouer as 10 jaar kon wees nie!”

Weens die vinnige en baie verkeer, asook hul kleinkinders in die voertuig, kon hulle nie stop nie.

“Ek het gelees die ma sê die dogtertjie loop net so vyf kilometer saam met haar pa. Hoe ver is eMalahleni van Middelburg af? Maak die somme! Wat soek hy op die N4, so ’n besige pad, met kinders? Wat het hy daar gaan soek wat hy nie in Middelburg kon doen nie? Hoekom kan die ma nie na die kinders kyk nie? Die kinders kan mos in die aande met pappa kuier!”

Die vrou sê dit was vir haar “baie ontstellend om dit te sien. Hoekom gaan hulle tot sulke uiterstes om die kinders aan die gevare van die pad bloot te stel. Hy kan nie gaan vir onderhoude nie, want jy kan nie met ’n kind by jou vir ’n onderhoud gaan nie. Watter regdenkende Ma laat toe dat haar kinders so ver loop?”

Volgens die vrou is sy self ’n entrepreneur en moes ander planne maak met die Covid-19 pandemie om vir haarself ’n inkomste te genereer.

“Ek gooi nie klippe na die ouers toe nie en ek weet nie wat hul omstandighede is nie, maar jy kan nie ’n kind so blootstel nie as jy iets gaan verkoop nie. Mense wat die gesin oordeel, kan dalk vir die pa werk gee?”

• Die ma van die dogtertjie was baie kwaad oor die eerste berig, waar ’n paramedikus ontsteld was toe hy die blondekop dogtertjie langs die pad saam met haar pa sien loop het.

Lees ook: Blondekoppie se ma praat

Sy sien niks verkeerd daarmee dat hul dogtertjie langs die pad saam met haar pa loop nie en sê sy “leer op dié manier.” Sy het ook gesê dat hulle kinders baie liefde in die huis kry.

Die ma het genoem dat hulle kruise uit bamboes maak, wat haar man verkoop, en dat hulle herwinning doen.

• Ena Pilodia, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum, sê “dit gaan al ’n geruime tyd so aan dat mense die man met die dogtertjie naby die Bethal afrit sien. Ek het al heelwat mense gehad wat dit gerapporteer het en stuur dan mense uit, maar as hulle daar kom, is hulle net weg.

• Talle motoriste het www.mobserver.co.za gebel en gesê dat hulle die pa en dogtertjie langs die pad, op die N4, by die Bethal afrit opgelaai en by hul blyplek gaan aflaai het. Daar is vir die joernalis gesê waar die gesin bly, maar om die kinders te beskerm, maak ons dit nie bekend nie.

• Daar is ook vir www.mobserver.co.za gesê dat daar vier kinders in die huis is.

• Twee persone, waaronder ’n vrou van Gauteng, het ook reeds aangebied om vir die pa ’n fiets te koop.

•Jy mag nie met ’n fiets op die N4 ry of daar loop nie en fietse sal nie die probleem oplos nie.

www.mobserver.co.za het besluit om eers die gesin se omstandighede verder te ondersoek, voordat skenkings aan hulle oorhandig word. Indien dit blyk dat die kinders misbruik word om mense se harte te versag, sodat die items wat die man maak verkwansel kan word, gaan dit hom net verder in sy kwaad stook.

 

 

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter

Beste leser,

As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig.

Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry.

Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green ([email protected]) of regsadviseur Helene Eloff ([email protected]) kontak.

Het jy ’n nuuswenk?

Skakel ons redaksiekantoor op 013 243 1434 of ons bystand nommer, vir noodgevalle na werksure, by 072 248 3855 om jou storie met ons te deel.

Volg ons op die Middelburg Observer Facebook groep of blad of stuur ’n whatsapp na 072 248 3855 met die woorde “add me” vir nuusflitse en ander relevante nuus.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button