News

Drie beeste doodgery en geslaag

Inwoners van Doornkop jaag beeste in die pad om ongelukke te veroorsaak, sodat hulle vleis kan kry om te eet.

So sê adj. Sipho Msiza (Sektor 4 bevelvoerder) na klagtes van boere en motoriste oor ongelukke wat op ‘n gereelde basis op die Loskopdampad plaasvind.

Hy het inligting ontvang dat Doornkop inwoners beeste in die pad jaag, omdat hulle weens hul armoede iets soek om te eet.

Mnr. en me. Corrie en Ansie Pienaar was Maandagaand geskok toe hulle sien hoe vinnig mense van Doornkop se rigting af op die toneel toegesak het om stukke vleis af te kap, nadat hulle drie beeste doodgery het.

Adj. Msiza het na aanleiding van die vergadering wat hy verlede week met boere gehou het by die Banke Boeresaal sy woord gestand gedoen.

Hy het onderneem om ‘n vergadering Sondag te belê met beeste-eienaars in die Doornkop omgewing.

Tydens hierdie vergadering gaan hy dit duidelik uitspel dat beeste wat nie gebrandmerk is nie, geskut sal word. Verder gaan daar aangedring word op bewys van eienaarskap as hulle beeste, bokke of donkies aanhou.

“Daar gaan drasties opgetree word! Ek gaan persoonlik die area saam met die veediefstaleenheid besoek. As ons beeste kry wat nie gebrandmerk is nie, sal dit verwyder en geskut word, onder die lewendehawe kontrole wetgewing en geregtelike stappe sal geneem word.”

As die mense hulle nie steur aan die aksie en waarskuwings nie, sal daar in samewerking met die Sektor Misdaadforum arrestasies volg.

Adj. Msiza sê hy gaan ook ‘n vergadering met die inwoners van Doornkop belê, om hulle te waarsku dat optredes waar diere in die pad in gejaag word, nie geduld sal word nie.

In die geval waar daar wel ongelukke in hierdie area voorkom, kan mense die polisie kontak by 013 249 1600.

Klagtes oor diere wat oor die pad beweeg en ‘n gevaar veroorsaak, kan aangemeld word by die Sektor 4 noodvoertuig by 082 074 9926.

“As mense nie dadelik hulp kry vir ‘n probleem in Sektor 4 nie, is hulle welkom om my te bel by 082 527 3867.”

• Sektor 4 se landelike gebiede strek tot by die Loskop damwal op die Loskopdampad en tot by Uitkyk Winkel op die Stoffbergpad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button