News

Video: Middelburg KykNet Kwêla dorp van die jaar!

Middelburg is vanaand op teevee! Kyk om 20:00 op kykNet na die insetsel wat drie weke gelede op die dorp geskiet is op DStv kanaal 144.

Dit is alles natuurlik deel van ons dorp se poging om gekroon te word as Dorp van die Jaar in Suid-Afrika.

Stemme open op 15 Julie en sluit op 19 Julie.

Middelburg se burgemeester, mnr. Mike Masina, het Vrydag, 17 Julie, reeds as “Stem Middelburg Vrydag” aangekondig.

Alles hang af hoeveel stemme gaan Middelburg kry. Die vorige wenner, Fouriesburg, het 107 000 stemme gekry.

Daar is tans talle pogings om die stemme bymekaar te kry waarvan die belangrikste betrokkenheid is.

OH Frewin Drukkers het ander besighede reeds die week uitgedaag. Hulle gaan op groot skaal stem.

Die dorp se dokters, Midmed, Twizza, CloseUp Coal, Columbus, Alzu, prokureurs, hof, Middelburg en Mhluzi Mall, radiostasies, Polisie, Steve Tshwete Munisipaliteit, Nashua, Thos Begbie, motorhandelaars, banke, Jormid, HMI Lineboring and Engineering, die hele boksemdaais, word uitgedaag.

Klim op die bus, borg stemme, daag uit, ons kan R1 miljoen se bemarkingswaarde en ’n reuse makietie wen.

Hoe lekker gaan dit net nie wees om te sê ons bly in die Dorp van die Jaar nie.

Onthou jy kan dertig keer stem deur vanaf 15 tot 19 Julie Middelburg te sms na 33157.

•Diegene wat die program vanaand wil kyk en steeds aan die dwelmwedloop wil neem kan dit steeds kyk omdat daar gereël is vir ’n televisie by die eindpunt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button