Video: Frewin’s got that voting for Middelburg fever!
Dit is Middelburg teen die res van Suid-Afrika en Namibië in die kykNET Kwêla se Dorp van die jaar kompetisie.
Daar is Maandag besluit om stemlokale te hê waaronder in die Middelburg Mall op 17 Julie, die dag wat burgemeester, Mike Masina, aangekondig het as: “Stem Middelburg Vrydag”.
Inwoners kan egter reeds vanaf 15 Julie tot 19 Julie “Middelburg” na 33157 SMS. Elkeen kan dertig keer stem.
Behalwe die stemlokale het OH Frewin Woensdag ‘n salvo afgevuur en die res van die dorp se besighede uitgedaag om te stem. Hulle gaan lugtyd vir werknemers koop om te stem.
Dr Kobus Terblanche het ook reeds 500 mense se stemme betaal
Indien Columbus, die myne, taxiverenigings, Blinkwater Meule, Samancor, Thos Begbie, die medici, Twizza, ingenieursfirmas, Forever Resorts, Alzu, prokureurs, Nashua, Steve Tshwete Munisipaliteit, Mhluzi Mall, Nkangala Distriksraad en die Mall se werknemers almal hulle stem uitbring, kan die mikpunt van 110 000 stemme bereik word.
Werkgewers word versoek om lugtyd te koop, sodat elke werknemer sy dertig stemme kan uitbring.
Aanvaar jy die uitdaag? Stuur jou inligting aan [email protected] of [email protected].
Mense wat die uitdaging aanvaar, kan hulle foto’s plaas op www.mobserver.co.za.
Indien jy jou foto op die webblad wil laat plaas, bel 072 220 1568.
•Volgende week word ‘n aankondiging gedoen oor pryse wat gewen kan word, indien jy dertig stemme uitbring, onder andere ‘n kragopwekker.
•’n Trustrekening is ook geopen waar geld inbetaal kan word om lugtyd te koop.
Besonderhede van die rekening is:
Rekening se naam: JP Terblanche TKV Dorp van die Jaar.
Bank: Nedbank.
Takkode: 198765.
Rekeningnommer: 9018960933
Tipe: Spaar.
Bewys van betaling moet per e-pos gestuur word na: [email protected].
