News

Nuwe tierbaba by Mbidi

Mbidi Lodge het pas ’n nuwe familielid, ’n pragtige tierwelpie genaamd Maximus, by die lodge verwelkom.

Maximus is die welpie van Naja en Hercules, die eerste bruin Bengal tiere op Mbidi Lodge. Beide is vandat hul ses maande oud is op die lodge en kom van Bothaville.
Hercules is bekend vir sy liefdevolle persoonlikheid. Hy is gek oor aandag.

Beide Hercules en Naja is sewe jaar oud en is Maximus hul eerste welpie.

Maximus is op 25 September gebore en afsonderlik deur die Mbidi Lodge hanteerders grootgemaak om te verseker dat hy ‘n gesonde welpie sal wees.
Besoekers moet beslis gaan kyk hoe lyk die nuwe “baba”.

Vir meer inligting skakel 079 887 9366.

 

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur [email protected]

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button