News

‘Help!’ pleit man na hy bakkie en hond mis drink

’n Man het sy bakkie en hond misgedrink.

Wanneer jy so gekuier het dat dit voel of jy die volgende dag ’n uitveër ingesluk het kan dit problematies word.

Quintin Bernardio, het Dinsdagaand homself so aan Bacchus se voggies vergryp, dat hy skoon sy bakkie en sy hond mis gedrink het.
’n Desperate mnr. Bernardio is nou op soek na sy splinternuwe 2.5 liter goue Mitsubishi Triton en sy pitbullhond Jock.

Volgens mnr. Bernardio het hy iewers in die industriële gebied gekuier en woes gedrink, soveel so dat hy nie kan onthou waar hy was of waar hy sy bakkie parkeer het nie.

Lees ook: Mustang steeds weg!

Of die hond in die bakkie was toe hy dit geparkeer het, weet hy ook nie mooi nie, maar hy vermoed Jock, ’n swart pitbull reun met halsband om die nek, sit vir hom en wag in die kajuit.
Hy weet ook nie waar sy bakkie se sleutels is nie en vra dat die gemeenskap hom asseblief moet help uitkyk vir die voertuig en hond.

Hy ken nie sy registrasienommer nie, want hy besit die bakkie nou eers ses maande.

Mnr. Bernardio sê hy het die bottel so hard geklap, dat hy ook nie weet saam met wie hy gekuier het en of sy kuiergenote dalk fort is met die bakkie en Jock nie.

“Alles is net een waas,” sê hy.

Lees ook: Tiener drink, steel kar

Of hy bedwelm is weet hy ook nie en hy het Woensdag vroeg die voertuig en vir Jock as vermis gaan aanmeld by die polisie.
Al die bakkie se dokumente en registrasiepapiere is boonop ook in die bakkie gewees.

Hy sê die wiele is wit en agter op die bakkie is ’n plakker wat lees “We all are stronger in Jesus Christ”.

“Asseblief, help! Ek is baie desperaat en bekommer my siek oor my hond en bakkie, as dit ’n siek grap was sal ek dit so aanvaar, ek soek net my besittings terug,” pleit hy.

 

 

 

 

 

Ander nuus:

Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is

Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo

Seuns vloek bejaarde in padwoede insident

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur [email protected]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button