News

Man kry bakkie en hond voor polisiestasie

Quintin Bernardio, sy hond Jock en sy luukse goue Mitsubishi Triton is Woensdagmiddag kort voor 16:00 herenig. Hy het die vorige aand beide die pitbull en die bakkie mis gekuier, in die industriële gebied.

Mnr. Bernardio kon nie onthou waar hy sy bakkie parkeer het nie en het Woensdag desperaat by www.mobserver.co.za kom aanklop vir hulp.
Toe hy polisiestasie toe is om die bakkie en Jock as vermis aan te meld, het hy sy bakkie voor die polisiestasie aangetref.

Die polisie het vir hom gesê dat hyself die bakkie daar parkeer het voordat hy fort is saam met vriende.
Die vensters van die bakkie is almal op skrefies oopgelos.

Lees ook: ‘Help’ pleit man na hy bakkie en hond mis drink

Mnr. Bernardio sê hy vermoed dat een van sy drankies dalk gedokter is, omdat hy niks van die aand kan onthou nie.
Hy het Woensdag verdwaas opgestaan sonder hond of bakkie.

Die twee is Woensdagmiddag herenig nadat mnr. Bernardio ’n spaarsleutel vir sy bakkie kon opspoor.

Sy ander sleutel is steeds soek.

Mnr. Bernardio sê hy weet nog steeds nie saam met wie hy weg gery het by die polisiestasie nie, maar dat hy bly is sy hond en bakkie is ongedeerd.

 

 

 

 

Ander nuus:

Ma dankbaar dat hulle leef na sy en dogtertjie in Middelburg rooftog raak geskiet is

Lily Mtsweni se merkwaardige pad na bo

Seuns vloek bejaarde in padwoede insident

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur [email protected]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button