News

Vlieëniers besoek Dal

Vliegtuie het op Groblersdal toegesak, nadat drie Tiger Moths, twee Wako’s en een Aero Commander by Groblersdal se vliegveld geland het.

Vyf van die vlieëniers is Boeing vlieëniers vir Suid-Afrikaanse Lugdiens, wat elk as ’n stokperdjie in hul vrye tyd ook vlieg.

Die vlieëniers, mnre. Ian Cameron, Deon Roath en Rob Horn het elk ’n Tiger Moth gevlieg, mnre. John Seyers en Niel van Staden het elk met ’n Wako gevlieg, terwyl mnr. Paul Tomlynnson met die Aero Commander gevlieg het.

Die Aero Cammander wat in Groblersdal geland het.
Die Aero Cammander wat in Groblersdal geland het.

Al die vliegtuie het in Gauteng opgestyg en was onderweg na die plaas van mnr. Seyers naby Hoedspruit, maar hulle moes in Groblersdal land om weer hul brandstof aan te vul.

Die lede van Groblersdal Vliegklub het hulle ingewag, terwyl mnr. Hennie Bester vir hulle ontbyt voorberei het.

Een van die drie Tiger Moth vliegtuie wat eers ’n paar draaie gevlieg het, voordat hy geland het.
Een van die drie Tiger Moth vliegtuie wat eers ’n paar draaie gevlieg het, voordat hy geland het.

Me. Jeanne Cameron, het vertel dat al die vlieëniers, behalwe mnr. Seyers, vlieëniers is vir SAL. Sy het ook uitgebrei oor die Tiger Moth wat hulle in 2000 gekoop het, nadat haar man se pa oorlede is.

Hulle het die geel Tiger Moth gekoop met geld wat hy vir hulle agter gelaat het en hulle het die vliegtuig Camelot gedoop.

Sy sê dat die “Came” deel van hulle van afkomstig is en dat “lot” dui op die feit dat dat die vliegtuig duur was, “It cost a lot.”

Mnr. John Seyers in sy Wako, Tweety.
Mnr. John Seyers in sy Wako, Tweety.

Terwyl die vliegtuie se brandstof aangevul geword het, het die vlieëniers gesellig gekuier met die klublede van Groblersdal, terwyl hulle die vliegtuie bewonder het.

Mnr. Willem Kruger.
Mnr. Willem Kruger.

Back to top button