My Beurt: Tobie van den Bergh
"Ek gaan die bitch skei", verklaar die man van die een aan wie hy nou die anderdag ewige trou beloof het.

‘n Vrou soek ‘n goeie prokureur: “Ek het genoeg gehad van my man se k@k”.
Dan post nog een: “Mans is eintlik vieslike wesens” en vertel in detail waar hulle oral krap. (Sies gagga!).
Stap by ‘n sakeman in wat langgesig vertel “hoe is hy uitgehaal” oor sy winkel. ‘n Vrou het ook so pas gekla oor sy pryse en gedreig: “Ek gaan dit nou op Facebook sit”.
Almal is kroonwild.
Soos ‘n gewonde bobbejaan word daar derms uitgeryg.
Dis Facebook en dis een vir almal, almal vir een en niemand vir iemand.
Enigeen sê wat hulle wil, oor wie hulle wil, waar hulle wil, wanneer hulle wil. Of dit nou waar of onwaar is, dis lekker man! Skiet om dood te skiet, met woorde…ek bedoel.
•’n Tipiese “diep filosofiese gesprek” met spelfoute en al gaan so:
Sasha Elly Mbali: Oh hell yeah Nazi stood up for our rights they wont coz the police were shooting at innocent
Shaun Marsh: Lank gese Tobie se kop ras…
Lou Greeff: As dit n skinnerstorie is is dit sommer op die voorblad.
Leon Cornelius: Lol … neuk rond met andr man se vrou… Vooorblad …. anders nie.
Thys Marais: Gaan kyk bietjie mooi. Die land brand oral. Maar in die parlement word vekondig dit gaan baie goed. Dis mos wat die goverment wil glo.
Shaun Marsh: Thys Marais ag waar val jy nou weer uit?
Thys Marais: Ag Shaun lees bietjie meer die koerante. Dienslewering stakings oral in die land. Elke dag.
So wys mense hulle kleure, en sommer hulle geure.
Mense word rassistiese name genoem en so begin ‘n oor en weer slegsê, wat mens laat sidder oor die reënboog in die nasie.
Aan die een kant word mooi Bybelversies geplaas en aan die anderkant word die hel uit mense gemoker. Die ou wat op sy profiel spog as “Christen” doen lustig mee. Om die waarheid te sê, hy skroom nie om vulgêr te raak nie.
Die duiwel en die Vader dans saam.
Meng jou met die semels en dan vreet die varke jou op bestaan lankal nie meer nie, die varke en die lammers vreet saam!