Buiteleweskou is hier!
Die Buiteleweskou is dié naweek (Saterdag en Sondag) by De Voetpadkloof en skougangers kan uitsien na 'n propvol program en hordes stalletjies waar hulle tot laataand kan kuier.
By die 100 uitstallers verseker dat álles wat buitelewe entoesiaste en avonturiers nodig het, beskikbaar sal wees.
Meer as 90 uitstallers sal vanjaar te sien wees by De Voetpadkloof se Buiteleweskou op 15 en 16 Augustus.
Buiten die uitstallers, is daar ‘n vol program met 4×4 aktiwiteite, gaskunstenaars soos Anton Myburg en Quinton Prinsloo, abseiling en die opening van die nuwe Olifantsrivier Boogskietbaan.
Die volledige program vir die naweek is as volg:
Saterdag
08:00 Boogskietbaan inwyding en kompetisie, 4×4 baan open vir ritte
09:00 Alle stalletjies en biertuin open, boogskietkompetisie begin, perderitte beskikbaar deurgaans, prystrekkings elke 30 minute – deelnemers moet daar wees om te wen
10:00 Quinton Prinsloo en ShoNeil
11:00 Demonstrasie: Snatch Recovery – 4×4 baan
13:00 Bush Medic Tips – 4×4 baan
14:00 Anton Myburgh
15:00 Demonstrasie: Winch and Snatch Recovery – 4×4 baan
18:00 Quinton Prinsloo en ShoNeil
Sondag
08:00 4×4 Baan open vir ritte, alle stalletjies en biertuin open, perderitte beskikbaar deurgaans, prystrekkings elke 30 minute
10:00 Quinton Prinsloo en ShoNeil
11:00 Bush Medic Tips – 4×4 baan
15:00 Skou sluit
Heelwat meer as bogenoemde word aangebied en sal deurgaans aangekondig word.
Stalletjies sal oop bly tot laat en hekke maak eers om 21:00 toe.
• Vir enige navrae oor die skou, bel mnr. Koos Kleinsmith by 071 678 1314 en vir navrae oor die 4×4 afdeling, kan mnr. Raath by 071 782 1990 gekontak word.