Die nuwe “look” is hier, in Game!
Tussen 115 winkels regoor die land, het Game hulle interne “look” bietjie “gerevamp,” vertel Christo Henderson:
Tussen 115 winkels regoor die land, het Game hulle interne “look” bietjie “gerevamp,” vertel Christo Henderson, die bestuurder van Game in Middelburg Mall.
Gister om 07:45 was die bekendstelling van die opgegradeerde winkel tydens hul finansiële halfjaar einde wat gevier word.
“Dit sit weer bietjie nuwe lig in die winkels in, nuwe energie en bring die Game “brand” weer bietjie in die lig.
Met verskeie spesiale aanbiedinge, is daar met selektiewe produkte tot en met 50% afslag slegs vir die dag!
Huidiglik op die rakke is daar reeds produkte wat tot en met meer as 50% afgemerk is.
Game se mikpunt met die opgradering is om weer die “nommer een household brand in Suid-Afrika” te wees soos wat Game al die jare was.
“Ek wil die mense uitnooi van Middelburg om te kom kyk hoe lyk Game, wat het ons gemaak en hoe lyk ons dienste,” vertel Christo saam met hulle “happy to help” kultuur waar hulle vir elke klient die diens wil gee wat hulle toekom.