Van vyf brode en twee vissies tot die spieël van die lewe en ’n lig vir jou voet was deel van die Bybel-teks uitstallings by die NG Kerk Kanonkop se 50ste verjaardagvieringe.
Gesinne het voor in die kerk, asook by die feesmaal in die saal, van die besondere Bybelverse voorgestel.