Wrede moordtoneel in veld gekry

Die lyk van 'n bekende inwoner van Mineralia, is vroegoggend in die veld gekry.

Die liggaam van oom Douw van der Walt (64) is vanoggend in die veld tussen Kogel- en Suidstraat gevind.

Na aanleiding van die beserings op sy liggaam, is hy vermoor.

Louwtjie Swart (Traffic Alert) was eerste op die toneel.

Hy het omstreeks 06:30 ‘n oproep gekry van ‘n vrou, wat gesê het dat daar iemand in die veld lê.

Louwtjie het hom soontoe gehaas, waar hy oom Douw gevind het.

Hy het vir Juanita Groenewald (Gemeenskap in Blou) gevra om ER24 Ambulansdienste te ontbied en is die polisie ook ontbied. Oom Douw is kort daarna dood verklaar.

Exit mobile version