Moth pretdag met potjies en gholf!

Die Gondar Shellhole Moths bied op 1 Junie ’n familie pretdag by The Lavender Mill aan.

Tydens die pretdag sal die wenners van hul gelukkige trekkings, waar meer as R35 000 se pryse op die spel is, ook aangekondig word.

Daar is ’n vol program vir oud en jonk beplan.

• By die potjiekoskompetisie sal dit ’n miernes van bedrywighede wees met van bees- tot skaap- en afvalpotjies waarvoor ingeskryf kan word. Bykosse sal voorsien word.
Dié kompetisie begin om 10:00 en beoordeling is om 14:00.

Inskrywings beloop R200 per span (twee persone) met R3 000 as eerste, R1 500 as tweede en R1 000 as derde prys.

Persone wat wil inskryf vir die potjiekoskompetisie, moet daarop let dat die sluitingsdatum op 24 Mei is.

• Die gholf-afdeling is net vir pret en het jy géén gholf-ervaring nodig nie. Daar is pryse vir die langste dryf, gelukshou uit vyf houe en die mees akkurate dryf oor 25m.

• Die jongklomp sal die kettie-skiet geniet en sal daar gekyk word wie die akkuraatste kan skiet oor 15 meter. Daar sal selfs ’n uitskiet wees, sou deelnemers dieselfde punte behaal.

• As jy goed kan korrel, dan is die Dayzie-skietkompetisie vir jou. Deelnemers kry vyf skote oor ’n afstand van 25m.

Inskrywings vir die gholf, kiettie- en Dayzie-skietkompetisie is R100 per persoon en is daar pryse vir die wenners op die spel.

• Daar is nog heelwat kaartjies vir die gelukkige trekking beskikbaar. Kaartjies beloop R20 per persoon, maar as jy ’n hele boekie van R200 vat, kry jy een kaartjie gratis.

Toegang vir die pretdag is R20 per persoon en R10 vir pensioenarisse. Laerskoolkinders kan gratis ingaan.

• ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Vir meer inligting oor die verskillende kompetisies en om jou kaartjie vir die trekking te bekom, skakel Thea Harms by 079 437 2908.

Exit mobile version