‘Kuns en Aktiwiteite vir Meisies’ is ’n boek wat enige ma se hart sal blymaak, want enige jong meisie, so van tien jaar af, sal hierin ure se pret, speletjies en nuttige inligting vind.
Dié pragboek wys hoe om kaartjies en geskenkboksies te maak, beursies uit wolhandskoene te prakseer, krale insekte te maak, en nog baie meer. Dit wys hoe om sjokoladekoek te bak en ’n gemmerbroodhuisie te maak – en leer sommer ook die lesertjie waarvoor kruie en speserye gebruik word.
Daar is nuwe speletjies om te speel en selfs inligting oor hoe om plantjies te plant.
Enige jong meisie kan hierdie book interessant en bruikbaar vind – onthou die lang somervakansie, met sy onvermydelike reëndae, lê voor. Die boek word uitgegee deur Penguin en is alreeds in boekwinkels beskikbaar.