Hierdie komende naweek op 2 November, word alle Pretorianers genooi om die naam Pretoria saam met Rekord en AfriForum by die Voortrekkermonument te vier.
Bekende sangers soos Steve Hofmeyr, Adam Tas, Liza Brönner, Die Tuindwergies, Gerrie Pretorius, Pieter Smith, Fredi Nest, Vaughan Gardiner, Beeskraal, Ghapi, Saarkie, Jaco Labuschagne en Fanie Botha en sy orkes is die kunstenaars wat gaan sorg vir groot vermaak.
Die dag se program skop af om 07:00 en duur tot 13:00. Top gesinsvermaak word beloof. Toegang is gratis en geen besprekings is nodig nie.
Bring net opvoustoele en kom geniet die dag saam met AfriForum en Rekord. Daar sal ook stalletjies met eet- en drinkgoed wees.
Geen eie alkohol word toegelaat nie. Albei hekke van die Voortrekkermonument (Eeufees- en Smutslaan) sal vanaf 05:00 oop wees om verkeersknope te voorkom.