Wicus van der Merwe stel nuwe album vry

Grapjas popster se nuutste album nou beskikbaar.

Die grapjas-sanger, Wicus van der Merwe, se musiek stel nooit teleur nie en sy nuutste album Popster beloof om partytjiegangers tot laatnag om die vure te laat dans.

Met 12 uit die 13 liedjies uit sy eie pen, spog dié album met ‘n unieke klank eie aan die komediant en sanger. Die album bestaan meestal uit lekkerluister treffers wat jou voete sal laat jeuk, maar daar is ook ‘n paar rustiger en dieper snitte soos die bekende Cat Stevens treffer Father and Son, ‘n duet saam met Danie Niehaus.

As jy daarvan hou om naweke saam met vriende om die braaivleisvuur te ontspan, is Popster beslis die album vir jou. Draai die luidsprekers so hard as wat hulle kan gaan, gryp ‘n drankie en dans tot die son opkom.

In die woorde van Wicus self: “Hierdie is ‘n onpretensieuse album oor alledaagse situasies – dinge waaroor alle mense wonder en karakters waarmee alle mense kan identifiseer… karakters waarvan minstens een in elke familie is.”

Luister gerus uit vir die titelsnit, Popster asook My boetie Bollie, Hêppie song en Klein Klein.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button