AfriForum eis aanspreeklikheid ná swak nasionale vullisterrein-oudit
AfriForum se 2025-oudit toon Suid-Afrika se vullisterreine bly ver agter verantwoordelike bestuur.
AfriForum se 2025-vullisterreinoudit toon dat slegs 22% van terreine landwyd aan basiese vereistes vir verantwoordelike afvalbestuur voldoen. Een van die terreine wat nie geslaag het nie, is AbaQulusi, waar gebreekte weegbrûe, ’n gebrek aan sekuriteit, onbeheerde storting van skadelike vullis en informele herwinnaars sonder beskerming aangeteken is.
Gauteng en die Wes-Kaap is die enigste provinsies waar die meerderheid terreine slaag, terwyl die Vrystaat, Limpopo, Mpumalanga, die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal steeds ernstig agterbly. AfriForum sê munisipaliteite moet aanspreeklik gehou word en sal die bevindings aan die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing voorlê.
ALSO READ: AfriForum Vryheid vra verduideliking oor nuwe boorgattarief en hoë elektrisiteitskoste
The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.



