Local newsNews

Nuwe kleur en vreugde vir pediatriese saal danksy finaliste se ywer en gemeenskap se omgee

Mnr. en Mej. Hoërskool Parys is 'n gemeenskapsprojek waarmee 'n verskil gemaak word in die gemeenskap.

Vandag, Saterdag 15 Augustus, was die begin van ‘n splinternuwe baadjie vir Parys Distrik-hospitaal se pediatirese saal waar reeds hard gewerk word om die saal te verf.

Vanjaar se Mnr. en Mej. Hoërskool Parys finaliste het voor die kroningsaand wat Donderdag 13 Augustus gehou is, hard gewerk om fondse in te samel om die droom om die pediatriese saal te kon opknap, te verwesenlik.

Behalwe om die saalmure nuwe kleur te gee, sal ander noodsaaklikhede soos ‘n mikrogolf, ketel, slaapklere vir die kinders, kussings, lakens en kussingslope ook aangekoop kan word, met die fondse wat hierdie leerders ingesamel het.

‘n Besondere nalatenskap wat nie moontlik sou wees sonder borge se steun, en Mica Parys wat nie net gehelp het met die skenk van die verf nie, maar ook hul personeel beskikbaar gestel het om te help verf.

Mnr. en Mej Hoërskool Parys gaan oor baie meer as net die kroningsaand. Dit is ‘n gemeenskapsprojek waarmee ‘n verskil gemaak word in die gemeenskap van Parys.

Met die aanloop tot die kroningsaand is gekyk na samewerking en spanwerk, leierskap, probleemoplossing, entoesiasme en deelname by die finaliste. Eienskappe wat van elkeen van hierdie 26 finaliste ‘n wenner in eie reg gemaak het.

Die projek om die Pediatriese saal op te knap volg nadat Mica Parys en personeel van die hospitaal vroeër vanjaar ook hande gevat het om die hospitaal se Ongevalle-afdeling te kon verf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button