Bingle Ser: ‘n Fees van kreatiwiteit en vermaak

Van inspirerende optredes tot hartverwarmende oomblikke van vermaak, het die aand kreatiwiteit en vaardighede van koshuisstudente in die kollig geplaas. Die gehoor is betower deur 'n verskeidenheid van vertonings, terwyl die wenners gevier is vir hul uitmuntendheid.

Die NWU Potchefstroom Kampus het Saterdag, 4 Mei ‘n skouspel van talent en vermaak beleef tydens die KSR Bingle Ser 2024 by Snowflake Potchefstroom. Die aand was gevul met die beste van die beste uit die koshuiswêreld, waar die deelnemers van verskeie “sleep” koshuise hul kreatiwiteit en vaardighede ten toon gestel het. Die gehoor is vermaak deur ‘n reeks van optredes, variëteite van sang, dans, poësie, en komedie. Die hoogtepunt van die aand was die aankondiging van die wenners deur die beoordelaars Marlien Lanuschagne, Nolene Spinks, en Mirandi Morsner. Richard Jordaan, een van die PK-lede, het sy opwinding oor die aand uitgedruk en gesê: “Die twee Bingle Ser na Covid-19 was vir ons as die KSR-groep een van die beste projekte om aan te pak. Ons as groep is baie bly oor hierdie geleentheid.” Die top drie wenners van die aand was: Vergeet-My-Nie & De Wilgers; Wag-’n-Bietjie & Patria en Dinki & Veritas. Die aand is ook opgehelder deur die teenwoordigheid van Mnr.
Kampus 23/24, Kirwin Loubser en Mej Kampus 23/24, Moné Jansen van Rensburg. Die aanbieding van die aand was in bekwame hande van die seremoniemeesters, Lesta Barrie en Jocine Bernard, wat die gehoor se aand nog meer spesiaal gemaak het met hul aansteeklike energie en humor. Die KSR-sekretariskantoor het die Mnr & Mej Kampus georganiseer en die KSR-kunsekantoor het die humoristiese aand van Bingle Ser georganiseer. Die sukses van die KSR Bingle Ser 2024 sou nie moontlik gewees het sonder die bydraes van die borge nie. ATKV, Spur, Klinkies, en Obaro word hartlik bedank vir hul ondersteuning en bydraes tot hierdie onvergeetlike geleentheid. Die KSR Bingle Ser 2024 het nie net ‘n platform gebied vir die uitstalling van talent nie, maar het ook die NWU Potchefstroom Kampus gemeenskap saamgebring vir ‘n aand van vermaak en viering van kreatiwiteit.

 

Exit mobile version