Local newsNews

Hoërskoolleerling onder die soeklig

Leerling lê glo valse verklaring van aanranding af.

Die gr.10-leerling van Hoërskool Wonderboom wat die Moot-gemeenskap se simpatie gewen het nadat sy glo deur drie medeleerlinge aangerand is, het na bewering ’n valse verklaring ingedien.

Meri Janse van Vuuren (18) is nou die een in die kollig nadat haar drie beweerde aanvallers onlangs onskuldig bevind is.

Sy het drie medeleeringe daarvan beskuldig dat hulle haar aanhoudend die afgelope drie jaar geboelie het.

In Februarie is ’n saak van aanranding by die Wonderboompoort-polisie gelê ná twee beweerde aanvalle, wat glo ná en in skoolure gebeur het.

Volgens die hoof van Wonderboom Hoërskool, Stefanus van Wyk, is die drie leerlinge in ‘n dissiplinêre verhoor onder voorsitterskap van advokaat Jacques Basson, onskulding bevind.

“Meri gaan vir die indiening van ’n valse verklaring, die aflê van vals getuienis in ’n dissiplinêre verhoor, en omkoop van leerlinge om valse getuienis te lewer in ’n dissiplinêre verhoor, aangekla word,” het hy gesê.

‘n Onafhanklike ondersoek deur die Distrikskantoor Tshwane-Noord van die Departement van Onderwys het tot dieselfde gevolgtrekking gekom.

Volgens Van Wyk is ’n onafhanklike ondersoek deur ’n firma wat deur die Departement van Onderwys aangestel is om onder ander prosedures te ondersoek, se verslag nog uitstaande.

Frieda Janse van Vuuren, die stiefma, het die aantuigings ten sterkste ontken en gaan die saak nie daar laat nie.

“Hierdie was ’n vreeslike week en ons wil alles net agter ons kry. Sy het onder geen omstandighede ’n valse verklaring afgelê nie en nog minder ander leerlinge omgekoop om as getuies te dien,” het sy gesê.

Back to top button