Local newsNews

Seun reis na Indië vir kanker behandeling

'n Hoërskool seun van die Moot is onlangs terug in Suid Afrika na hy vir kanker bahndeling Indië toe gereis het.

‘n Hoërskool seun van Villieria is uitgeput, maar positief, na hy onlangs van Indië teruggekeer het waar hy ‘n experimentele behandeling ondergaan het vir ‘n uiters rare kanker.

James Lizamore (16) is in 2012 met ‘n diffuse intrinsieke intrapontiene glioom, wat ‘n tumor van die ondersteuningselle van die sponsgedeelte van die breinstam is, gediagnoseer.

James en sy ouers, Dave Lizamore en Nanette Briers, het hom van 1 April tot 3 Mei na Indië vergesel waar James ‘n nuwe, experimentele behandeling genaamd sekwensiële geprogrammeerde magneetveldterapie ontvang het. Volgens sy ouers, is dit die tweede keer dat James hierdie behandeling ondergaan en hulle sê sy tumor het na hierdie behandeling met amper 95% verklein.

“Ons voel baie positief oor die behandeling, veral as jy in ag neem dat hierdie ‘n baie seldsame vorm van breinstamkanker is wat onopereerbaar is en wat bitter min Suid-Afrikaanse onkoloë al behandel het,” het Dave Lizamore gesê.

James het al verskeie behandelings ondergaan sedert sy diagnose, insluitent kortisoon-, chemo- en bestralingterapies, asook ‘n operasie waar sy skedel losgemaak is om drukking op sy brein te verlig.

Al maak sy toestand dit moeilik vir James om ‘n vol dag skool by te woon of om verskeie sport, soos atletiek waarin hy altyd presteer het, te doen, neem hy tog deel aan ‘n rustiger vorm van karate vir oefening. Hy wil ook graag volgende jaar die Jakaranda Race of Hope doen.

“Dit was ‘n groot aanpassing vir die hele familie, James se jonger broer Matthew het baie van James se huistake en werkies oorgeneem om te help en veral James het baie veranderinge aan sy leefstyl gemaak,” het Briers gesê.

James moes sy hardloop prysgee, asook verfynde koolhidrade, soos suiker en witbrood, maar tog lyk hy gelukkig. Hy wil ook graag voltyds karate doen, het hy vir Rekord gesê.

Ek wil graag dankie sê vir almal se bystand en ondersteuning,” het James gesê.

James was al in Israel vir spesiale chemobehandeling en verlede jaar Junie is hy die eerste keer vir die magneetveldterapie behandel.

“Dit is baie duur en ons maak op skenkings staat. Ons het al baie ondersteuning van veral sy skool, Hoërskool Oos-Moot ontvang. Die Make a Wish-vereniging het ook al vir James gehelp,” het Dave Lizamore gesê.

 
Back to top button