Oos-begraafplaas ingang kry nuwe blaadjie
“Vriende van Pta-Oos” het Saterdag bymekaar gekom om die ingang mooi te maak.
Die Pretoria-Oos-begraafplaas se ingang was Saterdag mooi gemaak danksy die harde werk van toegewyde inwoners.
’n Groep besorgde inwoners het ’n groep gestig om die Pretoria Oos-begraafplaas se hoofingang op te kikker.
“Vriende van Pretoria-Oos” is die breinkind van Célest Lubbe, wat al voorheen gekla het oor die toestand van die begraafplaas.
Van haar familielede is daar begrawe.
Lees ook: ‘Mamelodi cemetery neglected’
In daardie stadium was daar geen naambord by die ingang nie, die gras was weg en geen plant in sig nie.
Na ’n berig oor die begraafplaas verskyn het, het Lubbe die groep gestig.
“Daar is talle mense wat plante geskenk het,” sê sy.
Lubbe vertel dat Pretoria Graniet aangebied het om ’n nuwe naambord te skenk.
Die groep het Saterdag vroegdag bymekaar gekom om die ingang mooi te maak.
Lubbe sê dat hulle net ’n helfte van die ingang kon oordoen, omdat hulle te min werkers gehad het.
“Vier kubieke meter kompos is geskenk en baie plante. Ek benodig steeds arbeiders.”
Sy sê dat sy weer so ’n plantdag sal aanpak, maar benodig nog mense sodat dit vinniger kan geskied.
“Saterdag was daar baie begrafnisse. Dit het bewusmaking geskep.”
Sy vertel dat ’n begrafnisbywoner haar hulp aangebied het en ’n bejaarde egpaar het gesê dat hulle koffie sal bring.
“Hierdie dag was om vir mense te wys dat iets besig is om te gebeur.”
Indien jy wil help vir toekomstige plantdae, kan jy Lubbe by 082-577-3785 skakel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.