Local newsNews

Kameeldrift-mense kry hulp na plakkershutte afbrand

“Die mense het nou minder as niks oor na die brand.”

Dertig mense is Sondag haweloos gelaat na ’n brand plakkershutte in Kameeldrift, in die Roodeplaat-omgewing, verwoes het.

Tussen die murasies van ’n ou gebou, lê talle plakkershutte in puin.

Sinkplate wat voorheen gedien het as dakke om skuiling te bied teen koue winde lê in die as.

Jong mense en kinders soek tussen die rokende puin na bruikbare items wat nie deur die brand verniel is nie.

Lees ook: Afrikaans sneuwel in laerskool

Adriana Randall, ’n voormalige raadslid en lid van Gautengse wetgewers, saam met ander besorgdes in Pretoria het die week na die haweloses uitgereik.

“Die mense het nou minder as niks oor,” sê Randall. “Die hartseer daarvan is dat hulle almal baie jonk is – niemand ouer as 34 nie.”

Randall het die gebied kort nadat die plakkershutte afgebrand het, besoek.

“Die oorsaak van die brand is nie duidelik nie, alhoewel ons vermoed dat ’n kers of lampie omgeval het deur die nag.”

Niemand is tydens die brand beseer nie.

“Dit is nou winter en die nood is groot onder ons behoeftige mense in die omgewing,” sê Randall.

“Danksy ongelooflike mense, wat so vinnig gereageer het op sosiale media na die brand – kon ons darem vir hierdie mense komberse en warm klere kry.”

Lees ook: Nuwe gevegte oor Afrikaans

Nog inwoners het kos en benodighede geskenk.

“Dit is wonderlik om te sien hoeveel mense vir hul medemense omgee en help sonder om iets terug te vra,” sê sy.

“Vir tyd en wyl kan die haweloses die Roodeplaat-gemeenskapsentrum gebruik vir skuiling.”

Nog matrasse asook klere vir jong volwassenes word benodig, sê sy.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button