Affie-uitreik na Pretoria Skool vir Serebraal Gestremdes
'n Liefdadigheids-uitreik maak talle gelukkig.
Gedurende ’n sombere en reënerige Dinsdagoggend in Pretoria, het twee jong meisies van die Afrikaanse Hoër Meisieskool die son laat skyn in die lewens van talle serebraal-gestremdes.
Amory Smith en Zoë Griessel is onlangs gekroon as Mej Affie Senior en Mej Affie Junior.
LEES OOK: SKOOL: Affies maak hul stemme dik
As deel van hul liefdadigheidsverantwoordelikhede, het dié twee dit goedgedink om kinders in die Pretoria Skool vir Serebraal gestremdes te bederf met kolwyntjies, ’n boodskap van liefde, inspirasie en boonop ’n ballon vir elke kind.
“Die kinders is mal daaroor. Ons is baie bly om te kan betrokke wees. Al is dit iets klein, voel ons dit maak hulle só gelukkig,” verduidelik die twee.
Die liefdadigheids-uitreik is ’n jaarlikse geleentheid, en beloof om nuwe hoogtes te bereik in die jare wat kom.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
