Skoolkore bereik hoogste note by Pretoria Eisteddfod

Skoolkore het in verskeie afdelings van die onlangse Pretoria Eisteddfod uitstekend presteer.

Die Pretoria Eisteddfod is vanjaar 101 jaar oud en word deur die Pretoria Centre of the South African Society of Music Teachers aangebied.

Die musiekkunskompetisie is een van die grootste Eisteddfods in Suid-Afrika.

Verskeie kore van Pretoria-skole het vanjaar weer by die kompetisie presteer.

Hoërskool Die Wilgers se skoolkoor het in die afdeling vir Beginnerkore deelgeneem en is as die wenners aangewys met ’n A+-toekenning vir hul optrede.

Koorlede en personeel van Afrikaanse Hoër Meisieskool.

Hierdie koor is verlede jaar weer na jare, onder leiding van die vername koordirigent, Ruan Odendaal, begin.

Hulle sal binnekort ook aan die ATKV-Applouskompetisie deelneem.

Die koor van Die Hoërskool Menlo Park is aangewys as die beste gemengde koor en algehele wenners met ’n A++ in die afdeling vir Ervare Kore.

Koorlede en personeel van Die Hoërskool Wilgers.

Hierdie skool se junior koor behaal ’n A+ in die afdeling vir Minder Ervare kore.

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool se twee kore het verskeie toekennings gekry.

Die junior koor is met ’n A++ aangewys as die wenner in die afdeling Onervare Meisieskore en is ook as algehele wenner van die afdeling vir Onervare Kore aangewys.

Die senior koor het in die afdeling vir Meer Ervare Meisieskore deelgeneem. Die koor het met A++-toekenning weggestap en is ook as die wenners van die afdeling aangewys.

Lees: Werkswinkel rus huiswerkers toe met lewensbelangrike vaardighede

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Exit mobile version