Christene tree nie so op nie

Ek wil graag vir Rykie Morey sê dat dit voorgekom het of hy nie die vergadering rakende die kwessie van die moskee in Valhalla, bygewoon het nie. Dit wat in die Rekord gskryf is, is volgens my mening nie die volle waarheid nie. Valhalla is ‘n stil area en ons wil dit so hou. Ons …

Ek wil graag vir Rykie Morey sê dat dit voorgekom het of hy nie die vergadering rakende die kwessie van die moskee in Valhalla, bygewoon het nie.

Dit wat in die Rekord gskryf is, is volgens my mening nie die volle waarheid nie. Valhalla is ‘n stil area en ons wil dit so hou. Ons wil nie elke dag die roep van die Moslems hoor nie. Die lawaai gaan al die diere in die area van vroegoggend opwek. As ek geraas wil hê, sal ek die TV aansit.

Ook wil die Moslems dwelmberading daar implementeer. Ons sukkel alreeds met die dwelmverslaafdes wat inbreek en steel om die items weer te verkoop.

Centurion area is al klaar besig om erger as Sunnyside met die prostitute en dwelms te word.

Ons probeer om die area veilig te hou. Ons kinders kan nie eers meer in die strate speel soos in die vroeër jare nie.

Ek woon al 17 jaar lank in Valhalla. Ons moet in tronke bly, want as jy nie aangeval word nie, word jy benader deur mense wat dwelms aan jou wil verkoop. Ons is moeg daarvoor.

Toe my ouers besluit het om te na Valhalla te verhuis, het hulle die area gekies omdat die skole en winkels binne loopafstand is.

Ons het nie hierheen gekom en daarop aangedring dat almal aan ons vereistes moet voldoen nie.

‘n Mens moet ook bietjie logies dink en opstaan vir jouself en jou familie se veiligheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button