Miani se hare vir haar ouma
Miani Vosloo is net vyf-jaar-oud en het besluit om haar hare aan Kansa te skenk.
Kankerpasiënte verloor dikwels hulle hare as gevolg van die chemoterapie wat hulle ontvang en Kansa gebruik regte hare om pruike te laat maak vir hierdie pasiënte.
Miani Vosloo is net vyf-jaar-oud en het besluit om haar hare aan Kansa te skenk.
Andria du Plessis van Serwalo Hair Academy het Maandag 44cm van Miani se hare afgesny. Miani het haar ouma in 2012 aan kanker verloor en het besluit sy wil iets doen in die stryd teen hierdie gevreesde siekte. “My ouma is dood aan kanker en ek wil graag ander ooms en tannies, wie se hare uitval, help,” het Miani gesê.
Ria du Plessis van Kansa was by om die hare in ontvangs te neem.
“Ons as kankervereniging is baie dankbaar vir hierdie hare,” het sy gesê.
Skenkerhare moet skoon en ongekleur wees. Vir meer inligting oor hoe om hare te skenk, skakel gerus vir Ria by (015) 297 1268.



