Westies se talente nie sommer onder emmer uitgeskop
verskeie sangers en dansgroepe het in die Westenburg Women's Forum se talentaand deelgeneem
Jonk en oud het verlede Saterdagaand deelgeneem aan die
by die Good Hope Primary School in Westenburg.
Verskeie dansgroepe en sangers het deelgeneem aan hierdie kompetisie.
Party van die sangers het die gehoor betower met hulle engel-stemme en ander het die gehoor lekker laat lag met ‘n vals noot hier en daar.
Dié wat die geleentheid bygewoon het, sê die aand was vet pret en net wat Westenburg se jongmense nodig gehad het om hulle uit die kwaad te hou.
Faith Watkins, Shirley Buys, Christal Kennedy en Desonia Buys van Lucille se dansgroep was die algehele wenners van die aand.
Lilly Titus was tweede en Church of Acts se dansers derde.
Die eerste prys was R800, tweede prys handdoeke en die derde prys was ‘n ete saam met die vroue van die Westenburg Women’s Forum.
Die doel van die talent-aand was drieledig. “Daar is baie werk wat ons in die gemeenskap wil doen en die fondse wat ons met die ta-lentaand ingesamel het, gaan ons help om ons doelwitte te bereik,” het Lucille Buys van die Westenburg Women’s Forum gesê.
“Die aand was ook ‘n geleentheid om met Westenburg se talent te spog en ook om ons kinders uit die strate te hou.
“Ek dink daar moet meer sulke funksies gehou word sodat ons kinders hul tyd meer konstruktief kan deurbring,” het sy gesê.