Local NewsNews

Muni versuim om verslonsde vlae te verwyder

Meer as 'n jaar na Review se eerste berig oor die verslonsde vlae by die stad se ingang, het die Polokwane Munisipaliteit steeds nie die vlae verwyder nie.

POLOKWANE – Meer as ‘n jaar na Review se eerste berig oor die verslonsde vlae by die stad se ingang, het die Polokwane Munisipaliteit steeds nie die vlae verwyder nie.

Die vlae is tydens die 2010 Sokker Wêreldbeker opgesit en moes na die sokkertoernooi afgehaal word, maar hang nogsteeds in die wind en die weer.

‘n Plaaslike motorhandelaar het in Julie ‘n plan gemaak en sekere van die vlae vervang met hul maatskappy-vlag, maar geskeurde, vuil en vaal vlae begroet steeds besoekers aan Polokwane by die ingang van die stad

Matshidiso Mothapo, assistent kommunikasiebestuurder van die Polokwane Munisipaliteit, sê die vlae sal binnekort verwyder word. Hy kon egter nie bevestig wanneer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button