Local NewsNews

Osies-ouers skenk bloed

Laerskool Pietersburg-Oos se skoolsaal het verlede week gewemel van ouers wat Maandag en Dinsdag opgedaag het om bloed te skenk by die skool se bloedskenkkliniek.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se skoolsaal het verlede week gewemel van ouers wat Maandag en Dinsdag opgedaag het om bloed te skenk by die skool se bloedskenkkliniek.

Volgens Dottie Pinn, plaaslike skakelbeampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddienste (SANBD) het hulle ‘n teiken van 300 eenhede gestel vir dié tweedagveldtog.

Die doelwit is oorskry en ‘n totaal van 312 eenhede is geskenk by die skool.

Op die eerste dag van die veldtog het 144 Osies-ouers opgedaag om bloed te skenk.

‘n Verdere 168 ouers het verlede Dinsdag seker gemaak dat hulle vreemdelinge se le-wens red deur bloed te skenk.

“Baie dankie aan al die Oosskool-ouers wat bloed geskenk het,” het Pinn gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button